Home    Search    Gallery    How-To    Books    Links    Workshops    About    Contact

Ritz Camera

adorama

Amazon

Waarom Deel Professionele
Fotograwe Alles Wat Hulle Weet

(Why Pros Share Everything They Know - in Afrikaans!)
© 2007 KenRockwell.com, translated by Japie Duminy.

Please help KenRockwell..com

Ek koop al my speelgoed by Ritz, Amazon en Adorama. Dit help my om hierdie webwerf te publiseer en aan die gang te hou indien jy ook die skakels gebruik.

Also in English, Dutch, Indonesian, Norwegian, Swedish, French, Greek, German, Italian, Spanish, Finnish, Hungarian, Romanian, Polish, Hebrew, Bulgarian, Portuguese, Ukrainian, Russian and Afrikaans.

Ook in Hollands, Noorweegs, Sweeds, Frans, Grieks, Duits, Italiaans, Spaans, Fins, Roemeens, Pools, Hebreeus, Bulgaars, Portugees, Ukranies en Russies.

12 July 2007

Deel al jou kennis

Indien jy nog nie agter gekom het nie, hou ek geen geheime nie.

Al die professionele fotograwe wat ek ken deel inligting aangaande die beste lokasies, tegnieke en besigheids praktyke. Dit help ons almal om beter te word met wat ons doen. Hoekom dink jy publiseer ek hierdie web werf?

Het Ansel al sy kennis gedeel? JA! Hy het n reeks van ten minste ses boeke gepubliseer waarvan die eerste_drie tot vandag toe nog baie populêr is. Indien jy dié boeke lees sal jy al Ansel se tegniese kennis besit.

Fotos word gegenereer deur verbeelding, observasie en inspirasie. Iemand anders se resultate kan nie gereproduseer word deur blote kennis van hulle tegnieke en die lokasie waar die foto geneem is nie.

Mense wat nie bereid is om hulle lokasies en tegnieke te deel met ander nie is verspot. Hulle is ook gewoonlik die met die minste ervaring of on-professioneel. Hulle toon 'n gebrek aan selfvertroue.

Ons besef dat indien daar selfs 10 miljoen fotograwe daar buite is, is daar steeds triljoene potensiele kliente.

Dit baat ons almal om kennis te deel. In 'n poging om geheime vir jouself te hou, verloor jy vriende en verkul jy jouself om meer te leer. Dit sal jou geen merkwaardige voorsprong gee nie en dit is inelkgeval onwaarskynlik dat jy direk met jou vriende kompeteer. Vriende praat met mekaar en staan terug vir iemand wat 'n werk in die oog het.

Genugtig, my vriende gooi werk heen en weer indien iemand nie by iets kan uitkom nie.

Die enigste geval waartydens jy miskien versigtig behoort te wees, is wanneer iemand ure se tyd en inligting van jou vra maar niks het om te deel nie. Dit is nie deel nie, maar weggee. Ek gee steeds al my kennis weg. Ek weet, dit is maar net ek.

'n Vriend van my het ure gespandeer deur ander fotograwe oor te nooi na sy huis en hulle sy suksesvolle troufoto werksvloei te leer. Dit was vir hom geen moeite nie tot hy agtergekom het dat hierdie selfde ouens direk met hom kompeteer vir dieselfde bruidspare uit dieselfde bronne wat hy aan hulle verskaf het en deur sy tegnieke te gebruik. Dit het meer as net een keer gebeur. Hulle het nooit eers gebel om dankie te sê nie. Sulke amateurs het 'n gebrek aan verkoopsondervinding, en anders as my vriend, het hulle geen idee hoe om saam met ander mense te werk in kompeterende situasies nie.

Om 'n suksesvolle professionele fotograaf te wees het jy verkoopsondervinding nodig. Verkoopsondervinding leer jou hoe om te deel en voordeel te trek selfs wanneer jy kompeteer vir dieselfde werk. Werk saam met kompeterende fotograwe. Weet wanneer om terug te staan en wanneer om te help. Hierdie kennis bou jy slegs op na jare se ondervinding. Dit is onvanpas wanneer iemand dit nie kan maak in enige veld anders as verkope en dan probeer om 'n fotograaf te word nie.

Ek deel steeds alles wat ek weet met enige iemand op hierdie web werf. Ek bedoel dit wanneer ek sê dat tegniese vaardigheid baie min tot niks te doen het met jou vermoë om 'n paar rand te maak. Dit het nie.

PLUG

Indien jy voel dat hierdie jou soveel baat dat jy andersins sou moes betaal vir 'n kursus, voel asseblief vry om my te help om meer met jou te deel deur 'n donasie te maak.

Baie Dankie!

Ken

Home    Search    Gallery    How-To    Books    Links    Workshops    About    Contact